20 February 2013

{Gourmet} Marshmallows

In enige bedryf is dit 'n uitdaging om altyd voor te bly met die nuutste neigings of mode gier! Vandag se nuutste soettand-gier, waaroor veral die Europese blogs gons, is die sogenoemde Gourmet Marshmallows! Jy kan enige geur, kleur of vorm kies om te maak. Al wat jy hoef te doen is om 'n basiese marshmallow resep te neem en Gourmet Guru te speel in jou eie kombuis. {Vind resep aan die einde van die artikel.} 
KoekiesEnCream is bevoorreg om hierdie resep en soettand-tendens te deel en daaroor te klets OP DIE LUG op RSG met My Easy Cooking kuberkok Nina Timm.

11 February 2013

{Valentine's} Pick my Heart

Today KoekiesEnCream and Pick n Pay will help you plan a very special Valentine's foodie-day for two! Are you stuck at the idea of even planning a Valentine's treat? Don't have a clue what to eat? Are you having chicken, fish or meat? Well, let's help you create a 3 course meal that will sweep your Valentine of his/her feet!

Decorate, create and celebrate a one-of-a-kind {DIY} Valentine's Date!
1. Find a comfy space in/around the house where you will be able to set up your foodie feast.
2. Take our easy-to-find shopping list, head down to your nearest Pick n Pay or simply shop online.
3. Follow the easy-to-make instructions for every course.

8 February 2013

{Gevriesde} Vrydag Vrugtefees!

Van kindsbeen af kan ek onthou hoe ons somerdae gewag het vir dit om tyd te word vir Waatlemoen! Ons het onlangs verhuis na 'n pragtige plaashuisie in die Paarl, ja - daar waar dit snikheet warm word, jou wasgoed van die masjien tot die draad droog word en waar jy 90% van jou yskasprodukte in die vrieskas bêre net sodat dit lank genoeg koud bly.

Dit is met hierdie vrieskas-mode dat ek my gevriesde vrugtefees ontdek het! Nadat ek by Pick n Pay vir my heerlike vars 'moonball' druiwe en 'n yslike groot waatlemoen gekoop het, kon ek nie anders as om in dié hitte aan 'n yskas-kreatiewe manier te dink om my vrugte so koud as moontlik vir gaste voor te sit nie.

In plaas daarvan om waatlemoen net op te sny, het ek vormpies uitgedruk en 'n roomys-stokkie ingesit, sodat jou gaste dit maklik kan neem en eet. Die 'moonball' druiwe het ek net eenvoudig oornag in die vrieskas geplaas en in 'n bakkie bedien.

Somer-koel en kreatief!

To read this in English click here

23 January 2013

{Heart} Message in a cupcake!

KoekiesEnCream is getting cupcake-ready for Valentine's Day! Surprise someone special with a little something hidden inside!

All you need to do is:

1. Choose a cupcake recipe.
2. Take 1/3 of the batter out and bake it in 'n square baking tray for half of the baking time.
3. Once you have baked it, cut out little shapes, it's easier to use cookie cutters.
4. Freeze the shapes for 2 hours.
5. Pour the rest of the batter into your cupcake tray.
6. Insert the freezed shapes into the unbaked batter.
7. Bake the cupcakes for the full prescribed time.
8. Let the cupcakes cool down and cut them to display your pretty shapes hidden inside the cupcakes!
*Add a lovely buttercream or frosting on top!
Voila!



13 January 2013

{Geur} Suurlemoen Sondag

Sappige soet en suur kombinasie - KoekiesEnCream se nuutste kolwyntjie geur - Suurlemoen Meringue Kolwyntjies met marshmallow versiering! Plaas jou bestelling nou by koekiesencream@ymail.com

Die suurlemoenskil kolwyntjies gevul met 'n sappige suurlemoen vulsel word gekombineer met die soet marshmallow versiering en sal jou gaste verseker laat smag na "net nog één happie"! 

11 January 2013

{2013} Eerste Babatee!

Ons eerste babatee vir 2013! Dit is so lekker om die nuwe jaar af te skop met die koms van 'n kleintjie! Met ons dagboek wat alreeds tot in Maart alleen vol is met troues en kombuistees kan ons nie wag om te sien watter uitdagings ons kliënte vir ons gaan deurstuur nie! Hierdie gaan 'n jaar vol pret en plesier wees!

10 January 2013

pure. pretty. perfect

There's something about a plain white cupcake. pure. pretty. perfect. These three words resemble exactly what it feels like to deliver to a new or old client. The purity of our client relationships. The prettiness of the cupcakes we deliver and the perfection we aim for with every cupcake we decorate. This is our motto for 2013...

pure. pretty. perfect 

 

9 January 2013

{Kraakvars} Koljander & Appelkoos

Daar is niks so lekker soos om met vars produkte te kook nie! Vandag se geure wat in die KoekiesEnCream kombuis rond sweef is: Koljander, kraakvars-appelkoos en sappige suurlemoen! Na al die sware etes oor die fees seisoen het ek besluit op 'n wit vleis wat ek mooi en geurig kan tooi met al die bogenoemde geure.