19 July 2011

Klein Karamel Kolwyntjies



Klein Karamel Kolwyntjies

Klein, kleurvol en kitsvinnig! Hierdie kolwyntjie resep is ideaal vir 'n kits tee-en-koek partytjie! Veral omdat dié resep nét 'n halfuur van jou tyd steel!

Die opsies van versiering is eindeloos, maar vir hiérdie 'kitsvinnig' kolwyntjie resep het ek veral gaan kyk na bestandele wat algemeen in ons koskaste voorkom!




Vooraf:



Vooraf verhit oond:
 180*C



Pak klein kolwyntjie vormpies
uit. (Of gebruik 'n klein
kolwyntjie pan) Beslag maak
ongeveer 25 klein kolwyntjies.


Hou ook jou droograk
byderhand!




  













Bestandele:



Vir die beslag:

1 Koppie meel
3 Teelepels bakpoeier
2 Eetlepels kakao
4 Eiers (geskei)
1/2 Koppie olie
1/2 Koppie water
1 Koppie strooisuiker
1 Teelepel Vanielje






Vir die versiering:

1 Blikkie gekookte kondensmelk
2 Koppies versiersuiker
*Ekstra: Sjokolade hartjies











Metode:



1. Skei eierwit en eiergele.


2. Klits olie en strooisuiker
by eiergele.



3. Los kakao in kookwater
op.

4. Klits kakao by olie-
mengsel.


5. Sif droë bestandele
by mengsel.

 
6. Klits tot 'n roomglad.



7. Klits eierwit tot pofferig.




8. Vou geklitste eierwit in
mengsel.



9. Vou eierwit heeltemal
weg in mengsel.

10. Gooi mengsel uit in
kolwyntjie vormpies.


11. Moenie kolwyntjie-
vormpies té vol gooi nie,
ongeveer tot 1 sentimeter
na bo.

12. Bak vir 30 minute op
180*C.



Versiering:




1. Klits gekookte kondens-
melk tot glad.


2. Klits versiersuiker by.


3. Sit die versier-
mengsel in die yskas.



4. Hou sjokolade hartjies
byderhand.


5. Plaas gebakte kolwyn-
tjies op die
droograk.


6. Versier kolwyntjies na
smaak. Onthou om nie té
veel versiersous op die
kolwyntjie te gooi nie,
aangesien die karamel
nog loperig is.


7. Plaas kolwyntjies in die
yskas sodat versiering kan
set.

8. Versier kolwyntjie met sjokolade hartjies of na eie smaak.

Om jou kolwyntjies nog meer vrolik te laat lyk, kan jy altyd 'n aarbei of vruggie van jou keuse op die kolwyntjie sit en 'baking glitter' oor die kolwyntjies strooi! Vars en vrolik!

'n Tee-en-koek partytjie kitsvinnig én kleurvol! ;)  

All the ingredients used in this post were purchased by KoekiesEnCream.

No comments:

Post a Comment