21 July 2011

Kiwi-Kelkie

Kiwi-Kelkie

'n Skemerkelkie.





Bestandele:



Per kelkie:                  
3 Eetlepels kondensmelk
1 Kiwivrug                    
5 Tennisbeskuitjies        
Kelkieglas                     


Vanieljeroomys



























Metode:

1. Plaas ongeveer 5 Tennisbeskuitjies in 'n 
plastieksakkie.

2. Krummel beskuitjies.

3. Gooi eerste lagie beskuitjies in kelkieglas.


4. Meet 3 eetlepels kondensmelk af.


5. Verhit in mikrogolf vir ongeveer 45 sek.


6. Gooi verhitte kondensmelk oor eerste lagie
Tennisbeskuitjies.


7. Gooi 'n tweede lagie Tennisbeskuitjies
oor.


8. Sny kiwi op in skyfies.

9. Pak skyfies in kelkieglas.

10. Voeg 'n skeppie roomys by. (na eie smaak)

Bedien in die heerlike skemer-buitelug!



*Ietsie interessant: Die Kiwi word geklassifiseer as 'n bessie,
en is ook bekend as die
Chinese Appelliefie/Yang-tao.

 
All the ingredients used in this post were purchased by KoekiesEnCream.

1 comment: