31 October 2012

Eenvoudig net LIEFDE

Rooi bly maar net altyd mooi! Vandag se KoekiesEnCream tema is "Eenvoudig net Liefde". 'n Bloedrooi fluweel hartjie koek is die eerste waaraan ek kon dink! Met 'n mooi sagte tekstuur, kon ek nie anders as om hierdie koek net so voor te sit nie. Eenvoud is somtyds die mooiste en pas vir my by vandag se tema. Hierdie resep is 'n bietjie meer 'spesiaal', met so 'n heerlike geur dat mens dit nie wil oorheers met onnodige versiersel nie - en daarom het ek bloot besluit om net 'n tikkie (liefde) versiersuiker bo-oor te strooi. Jy kan selfs vir hierdie Kersfees 'n kersfeesboom vormpan gebruik en dieselfde daarmee doen.

Stuur gerus aan ons 'n e-pos indien jy hierdie basis koek wil bestel: koekiesencream@ymail.com



28 October 2012

Gatsby Kitchentea Cupcakes

This weekend was a weekend filled with fun festivities! One of my challenges this past weekend was to bake Gatsby Inspired Cupcakes. I loved designing these cupcakes and cupcake wrappers from the word go - AND I had the chance two work with my favorite color combination - Nude & Black - with a touch of pearl.

Themed Kitchen-teas are becoming quite a trend - I think us girls would probably jump at any opportunity to wear those pretty grandma pearls, that beautiful black number and a little bit of lace. Well, with KoekiesEnCream cupcakes I wasn't going to leave out any detail! I rushed through a few fabric shops, browsed our local Antique shops and off course, opened a few hat boxes of my grandmother to get some inspiration. Needless to say I had my own little dress-up session just to get into the look and feel of the era of THE GREAT GATSBY! And for this special themed Kitchen-tea I custom made the nude and black cupcake wrappers to compliment the look and feel of the cupcakes by added sticker pearls & diamonds, lampshade fringes and some feathers. 25 different Gatsby inspired cupcakes!

I hope you get as much joy from looking at these cupcakes as I had making them - and yes, I also wish I could taste them, well...maybe I had just one...with some tea...in the garden, all dressed up!


Beads & Bows

Flink en vinnig: Dit is vir my een van die lekkerste tydverdrywe om net bietjie rond te speel met nuwe idees. Somtyds kan dit so eenvoudig wees soos om 'n kolwyntjie te versier of ietsie nuuts te probeer bak. Vir 'n vinnige teetyd-breukie het mens nie altyd tyd om jou kolwyntjies te versier nie, maar daar is altyd 'n vinnige oplossing - met al die mooi versierkraletjies, hartjies en strukkies wat mens nou klaargemaak in die winkels kan koop, is dit nou so eenvoudig om 'n kolwyntjie bietjie op te kikker.

 

25 October 2012

Kits, Koninklike Suikerkoekies!


Bederf jouself met kits suikerkoekies die somer! KoekiesEnCream maak reg vir 'n kleurvolle Kersfees! Kies jou kleur en geur en bedien jou gaste met 'n spesiale bederfie*

Kyk gerus na ons DIY afdeling vir meer doen-dit-self idees! 



24 October 2012

Sjokolade 'Sundae' vir Somer!


Van kleintyd af kan ek onthou hoe ek vir nagereg altyd 'n "Choc-Nut-Sundae" bestel het! En dit is net hierdie herinnering wat my inspirasie was vir vandag se kolwyntjie versiering. Dit is 'n lekker maklike uitweg vir 'n see-, son-, swembad-somerpartytjie, veral as die sonnetjie so bietjie te warm raak en die roomys net te vinning smelt. Jy kan die kolwyntjies uitpak vir jou gaste om visueel te geniet en die roomys vir tyd en wyl nog in die vrieskas hou totdat dit nageregtyd is!

'n Smaaklike Sjokolade 'Sundae' vir Somer, sonder-die-smelt!

En 'n fees vir die oog!


23 October 2012

*Herderspastei kolwyntjie-kelkie*

Dit is hoogtyd dat ons ietsie souts op KoekiesEnCream plaas! Blitsvinnig in die pan, blitsvinnig in die oond! En siedaar, jou eie tuisgemaakte Herderspastei kolwyntjie-kelkie! Perfek vir 'n voorgereg!



22 October 2012

Te DIERbaar!

Ek het die naweek bietjie rondgespeel met die nuutste Lente/Somer kleure vir KoekiesEnCream 'kiddies cupcakes'! Fondant is darem maar 'n wonderlike ding! Nie net kan mens rondspeel met die verskillende kleure nie, maar jy kan ook by die beplande partytjie se tema bly deur verskillende kleure te kombineer, en boonop 'n hele verskeidenheid kolwyntjies op die tafel voorsit.

Kyk ook na ons oulike Hello Kitty Cupcakes en die Hoohoo Cupcakes (Owl Cupcakes)

Vir meer inligting besoek ons Facebook Blad of volg ons op Twitter by @KoekiesEnCream


18 October 2012

KoekiesEnCream Catalogue

We are currently busy with our beautiful catalogue for Summer 2013! But you don't have to wait to order. We are uploaded a pre-catalogue just for your convenience! Have a look and remember to put your orders in as soon as possible, Christmas is around the corner and KoekiesEnCream will have to have more than one Santa to deliver all the beautiful upcoming orders!

How it works in 5 quick steps!

1. Decide what you want to order from either 1; 2; 3 or 4.
2. If you want to order cupcakes: make your selection in areas (a); (b) & (c)
    *Add something "extra" from (2)
3. For wedding cakes and cupcakes see (3)
4. For KoekiesEnCream Cinnabuns order from (4)
5. Put in your order at koekiesencream@ymail.com

 

Cupcakes in a cup!

Espresso Red Velvet Cupcakes!
At KoekiesEnCream it's all about detail, detail and more detail. Whether it is in the taste of the cupcake, the decorative fondant detail or simply the cup or wrapping that the cupcake is delivered in. But what happens if you are at home and you don't necessarily have cute or pretty cupcake wrappers to serve your cupcakes in...? It's as simple as either going onto our blog and following the DIY Cupcake Wrapper Step-by-step or getting creative with what you have in your own kitchen that you can use: vintage cups, doilies or even gingerbread man wax paper can do the trick!
I discovered the cutest black espresso cups in my kitchen that I bought more than 3 years ago and just couldn't resist using them for this shoot!

16 October 2012

Yeehaa Cowgirl Kitchentea!

KoekiesEnCream het twee naweke terug die voorreg gehad om 'n baie interessante en kreatiewe Kombuistee aan te pak! "Yeehaa Cowgirl" was die tema vir "bride-to-be" Caragh Villet se kombuistee. Aanstaande skoonsus, Danni Villet, wou seker maak Caragh word verras met vir 'n daggie gevul met pret en plesier...en 'n KoekiesEnCream Cowgirl kolwyntjie vir elke gier!
Custom-made Cupcake Wrappers: koekiesencream@ymail.com
Die pragtige fototjies is geneem deur Celesté Prince van Aglow Photography



9 October 2012

World Egg Day 2012 Cupcakes


World Egg Day 2012
 
KoekiesEnCream maak reg vir World Egg Day 2012 wat plaasvind op Vrydag die 12de Oktober! Gaan lees gerus meer oor dié dag by ThinkEgg.com
 
Ons het besluit om getrou te bly aan ons gebak en heerlike Sjokolade Rooi Fluweel Kolwyntjies te bak met 'n unieke element... 'n eier bo-op die kolwyntjie
 
...maar dit hou 'n soete verrassing in vir diegene wat 'n regte sout smakie verwag, want hierdie eier is gemaak van fondant!  

Volg ons op Twitter by @KoekiesEnCream of besoek ons Facebook blad KoekiesEnCream vir nog idees en inspirasie!

Wat gaan jy bak vir #WorldEggDay?
KoekiesEnCream Cupcakes for World Egg Day 2012

5 October 2012

DIY Cupcake Wrappers

KoekiesEnCream se eerste DIY Papier Kolwyntjie Koppie "stap-vir-stap". Daar is so baie kleure en karton papier om van te kies, dat ek besluit het om vandag met die tema "Touch of Pink" te gaan en 'n baie eenvoudige "Cupcake Wrapper" te maak.

Vir meer inligting kontak gerus koekiesencream@ymail.com
 
 

DIY Kolwyntjie Koppies

KoekiesEnCream gaan binnekort ons eie DIY Cupcake Wrappers / Kolwyntjie Koppies hê! Wees op die uitkyk!

Vir meer inligting e-pos gerus na koekiesencream@ymail.com

 
 

2 October 2012

Kits-Kussinkies vir 'n KoekiesEnCream kreatiewe dag!

Na afloop van 'n Babatee waarvoor ek onlangs kolwyntjies gebak het, het KoekiesEnCream vandag besluit om bietjie kreatief te raak buite die kombuis! Omdat ek so baie met koekie-drukkertjies werk het ek hierdie vormpies geneem en gekyk waar anders in die huis 'n mens jou vormpies kan gebruik. Volg hierdie maklike 10 stappe en maak ook jou eie "Kits-kussing", hetsy dit nou vir jouself, 'n baba-kamer of vir 'n geskenk bedoel is.