17 July 2014

Koffiekoekies



Koffiekoekies*

Koffiekoekies en ander kleinkoekies is 'n bietjie meer werk as enige ander gebak.

Om deeg te knie, koekies uit te druk en elke koekie se vulsel individueel te smeer, gaan 'n tydjie van jou verg.

Pak hierdie resep aan met tyd aan jou kant, maak 'n koffie-afspraak met hierdie koffie koekies!

Neem ook in ag dat die deeg 'n uur lank in die yskas moet 'rus' voordat dit uitgerol en in vormpies uitgedruk word.

Nietemin, om 'n tuisgemaakte koffiekoekie voor te sit maak elke koppie koffie spesiaal...en maak enige ouma trots!

16 July 2014

Winter Wakker-Word Wafels

 


Winter Wakker-Word Wafels!

Wafels in die winter, wat 'n wenresep! Veral om jou vroegoggend uit die bed uit te kry!

Boonop is daar niks lekkerder as 'n warm ontbyt en/of tuisgemaakte wafels in die winter nie!

Ek bedien dit graag met vrugte, indien vir ontbyt, en met roomys en/of Nutella as 'n nagereg!


14 July 2014

Winter Woepa Pasteitjies

Ek het 'n tydjie terug die voorreg gehad om Huiskok Errieda du Toit te ontmoet! Lees gerus meer oor Errieda du Toit op haar blog Huiskok. Jy kan haar ook volg op Twitter @Huiskok. Soos een 'foodie' aan 'n ander het sy my aangehuts om 'n nuwe resep te probeer - die Whoopie Pie! Met die opwinding van die lieflike ontmoeting en 'n pasgebore inspirasie kon ek myself nie keer om alreeds gisteraand in die kombuis te werkskaf aan my eie tuisgemaakte Woepa Pasteitjies nie!

The Whoopie Pie: "While considered a New England phenomenon and a Pennsylvania Amish tradition, they are increasingly sold throughout the United States. According to food historians, Amish women would bake these desserts (known as hucklebucks, or creamy turtles at the time) and put them in farmers' lunch pails or lunch boxes. When farmers would find the treats in their lunch, they would shout "Whoopie!" It is thought that the original Whoopie pies may have been made from cake batter leftovers." (Wikipedia, November 15, 2012)

Daar is 'n groot verskeidenheid en moontlikhede van kleure en geure wat jy in jou Winter Woepa Pasteitjie kan inkorporeer. Ek het besluit ek gaan die tradisionele klam sjokoladekoek beslag gebruik, maar in plaas van room/roomkaas in die middel het ek my pasteitjies met 'n kondensmelk sjokolade toffie vulsel gevul..mmm!!