12 May 2013

Sjoe Sjoe dis {Tiramisu}

Tiramisu*
Trek daardie ou resepte nader en ontdek die outydse Venesiaanse tert, ook meer bekend as Tiramisu.

Lig, vinnig en met 'n knertsie brandewyn én soetwyn is hiérdie tert een vir die boeke! Daar is eindelose opsies aan hierdie resep. Jy kan bylas en verander na eie smaak!

'n Mens kan eintlik hierdie tert 'n Venesiaanse 'cocktail' tert noem, want die geure wat in hierdie Tiramisu gemeng is, sal jou verseker opkikker!




Bestandele:

2 Eiers (geskei)
1/2 Koppie Strooisuiker
3ml Kremetart
250g Roomkaas
2 Eetlepels Hanepoot Soetwyn
2 Eetlepel Brandewyn
5ml Vanielje
1 Koppie sterk koffie
1 Teelepel suiker
2 Pakkies Vingerbeskuitjies
5ml Kakao

Metode:

1. Skei eiers. Klits strooisuiker by eiergeel.

2. Voeg kremetart by eierwit en klits tot styf.

3. Gooi eiergeel- en strooisuikermengsel oor
in 'n glasbak en sit oor kastrol met warm water.

4. Roer vir ongeveer 5 minute oor warm water.

5. Roer roomkaas deeglik in mengsel in.

6. Pak solank vingerbeskuitjies in 'n tertbak uit.

7. Voeg goedgeklitste eierwit en kremetart
by mengsel. Meng deeglik deur. Roer vir ongeveer
5 minute en haal van stoof af.

8. Meng die koppie sterk koffie, suiker en
die ander helfte van die soetwyn en brandewyn.
Doop jou vingerbeskuitjies in die koffie-mengsel.

9. Pak een laag geweekte vingerbeskuitjies in
tertbak. Gooi een lagie mengsel bo-oor. Herhaal
 nog 'n geweekte vingerbeskuitjie laag.


10. Gooi 'n laaste lagie roomkaasmengsel oor.
Sif kakao bo-oor tert. Sit tert in yskas om af
te koel en te set.

*Betower jou gaste met Tiramisu!


All ingredients products used in this post were purchased by KoekiesEnCream.

No comments:

Post a Comment