20 September 2012

Tuisgemaakte Roooomys!!

KoekiesEnCream deel graag hierdie roomys resep, want wat kan nou lekkerder wees as om braaidag af te sluit as met heerlike tuisgemaakte ROOMYS?!  





Al wat jy nodig het is:

500ml Room
1 Blikkie Kondensmelk
2 Eiers (geskei)
1/2 Koppie Versiersuiker
5ml geursel &/ kleursel van jou keuse
Sjokolade blokkies / balletjies / vrugte / beskuitjies (opsioneel)
1.5L Houer
En dit is so maklik soos 1,2,3...

1. Klits jou room styf en klits kondensmelk by room.
2. Klits twee eiergele en versiersuiker saam en klits by bogenoemde.
3. Klits eierwitte styf en klits by die mengsel en voeg laastens jou geursel of kleursel by.

Jy kan sjokolade, vrugte of selfs beskuitjies onder in houer plaas voordat jy die mengsel ingooi.
Die mengsel maak ongeveer 1.5L Roomys.
Vries vir ongeveer 8ure.

1 comment:

  1. Dit lyk HEERLIK!!!!
    Sal dit defnitief probeer...

    ReplyDelete