23 October 2012

*Herderspastei kolwyntjie-kelkie*

Dit is hoogtyd dat ons ietsie souts op KoekiesEnCream plaas! Blitsvinnig in die pan, blitsvinnig in die oond! En siedaar, jou eie tuisgemaakte Herderspastei kolwyntjie-kelkie! Perfek vir 'n voorgereg!






Vooraf:
Verhit jou oond op 200*C
*Kolwyntjie pan
*Kastrol
*Mengbakkie
Bestandele:
Onderlaag:
500g Maalvleis
2 E Uie marmelade
3 E Blatjang
2 E Worcestersous
2 E Soet soyasous
1 t Neutmuskaat
sout & peper
2 Eiers
4 Karringmelkbeskuitjies geweek in bietjie water
Bolaag:
6 Aartappels geskil
1/2 K Melk
2 E Botter
sout & peper

Metode:
1. Braai maalvleis in 'n klein bietjie kookwater in 'n kastrol. Wanneer die maalvleis byna gaar is, voeg res van die onderlaag bestandele by, behalwe die eier en beskuitjies. Laat die maalvleis vir so 5 minute prut sodat al die geure lekker kan meng en in die vleis intrek. Haal die maalvleis nou van die stoof af om af te koel.
2. In 'n aparte bakkie, maak die geweekte beskuit fyn en voeg geklitse eiers by. Terwyl die maalvleis afkoel, sny geskilde aartappel op 'n stukke en kook tot sag in 'n medium kastrol in kookwater. Wanneer die aartappel sag steek, gooi water af. Voeg nou die melk, botter, sout en peper by om kapokaartappels te maak.
3. Nou dat die maalvleis afgekoel is (steeds van die plaat af), roer die geklitste eier en geweekte beskuit by maalvleis. Roer deeglik deur.
4. Smeer 'n kolwyntjie pan en gooi elke houer halfpad, sodat jy ten minste 12 klein herderpasteitjies kan uitkry. Sit die maalvleis mengsel in die oond vir ongeveer 10-15 minute.
5. Sorg dat jou kopaartappels na smaak is en nie te 'vars' proe nie, indien wel, voeg nog 'n bietjie sout & peper by!
6. Laastens, haal die maalvleis 'kolwyntjie' uit die oond uit. Smeer nou 'n lagie kapokaartappel bo-oor. Jy kan so 10 minute voordat jy die herderspastei kolwyntjie wil bedien dit in die oond op 250*C sit sodat die puntjies van die kapokaartappels ligbruin bak.
Voorstel: Bedien bo-op vars slaaiblare met soet-soyasous bo-oor...Heerlike Herderspastei kolwyntjie-kelkie!

No comments:

Post a Comment