7 August 2013

{Vrouedag} 'n Dag vol Daisies

Daar is niks so vrolik soos vars blomme in die huis nie. Die gesiggies wat loer en kyk waar die volgende sonstraal in die kamer gaan deurbreek. Dit is die bloeisels voor my kamervenster wat my vanoggend aan die Daisy blommetjie laat dink het.
 
Die naam 'Daisy' kom van die woorde 'Day's eye' af, omdat die blommetjie gedurende die dag oopmaak en weer toemaak in die nag. Daar is net iets spesiaals en eenvoudig aan 'n bossie Daisies en ek kon myself net nie keer om kolwyntjies te maak wat nes hierdie beeldskone, stralende en 'onskuldige' blommetjies lyk nie. Met oor die 12 000 Daisy spesies wat beskikbaar is, het ek besluit ek wil die een namaak wat aan ons almal bekend is, die wit Daisy.
 
Pragtig, skoon en suiwer en tot vandag toe is die wit Daisy alombekend as 'n geskenk van suiwere liefde. Dit is ook hoe ek vandag se Daisy kolwyntjies beskryf - vol KoekiesEnCream liefde! Lente loer vir ons! Hierdie is die perfekte geskenkie vir jou ma, suster, dogter of vriendin om hierdie Vrydag Vrouedag te vier!





No comments:

Post a Comment