Na afloop van 'n Babatee waarvoor ek onlangs kolwyntjies gebak het, het KoekiesEnCream vandag besluit om bietjie kreatief te raak buite die kombuis! Omdat ek so baie met koekie-drukkertjies werk het ek hierdie vormpies geneem en gekyk waar anders in die huis 'n mens jou vormpies kan gebruik. Volg hierdie maklike 10 stappe en maak ook jou eie "Kits-kussing", hetsy dit nou vir jouself, 'n baba-kamer of vir 'n geskenk bedoel is.
2 October 2012
30 September 2012
Hello Kitty Kolwyntjies
Dit was 'n terugblik na my dogtertjie-partytjie-dae toe ek hierdie kolwyntjies moes bak! Hierdie oulike kitty-gesiggies het heeldag in my kombuis geglimlag soos ek moes bak en brou en 'n groot mega Hello Kitty kolwyntjie bou!
Met heerlike vars wit-vanielje geure was my kombuis maar net al tevrede om hierdie gesiggies te huisves. 'n Maklike vanielje kolwyntjie met 'n heerlike roomkaas vanielje versiering.
Vir die volle resep, kontak @KoekiesEnCream op Facebook, Twitter of stuur 'n e-pos na koekiesencream@ymail.com
20 September 2012
Tuisgemaakte Roooomys!!
KoekiesEnCream deel graag hierdie roomys resep, want wat kan nou lekkerder wees as om braaidag af te sluit as met heerlike tuisgemaakte ROOMYS?!
18 September 2012
Winterswit weelde*
Net so lief soos wat ek vir kleur is, is ek lief vir eenvoud, skoon lyne en eenvoudige patrone. Soms het mens ook net 'n paar minute om iets in die kombuis op te tower en dan is eenvoud die beste en vinnigste opsie! Nou dat daar nog net 'n paar slapies oor is van die 'winter-weer' wou ek seker maak ek vang hierdie jaar se winter vas deur bietjie rond te speel met wit fondant en patrone.
HooHoo mooi! - Zhoo Koekies
Uiltjie kolwyntjies! My vriendin CelestĂ© Prince, 'n top fotograaf in die Wes-Kaap, Aglow Photography, is absoluut versot op hierdie diere. KoekiesEnCream wou natuurlik die projekkie aanvat en ek het my inspirasie vir hierdie kolwyntjies gekry vanaf 'n paar oulike uiltjie-koffiebekers. Jy kan enige kolwyntjie resep van jou keuse gebruik, want die eintlike geheim en 'detail' lĂȘ in die fondant-tegniek. Jy kan ook hierdie uiltjies bo-op uitgedrukte koekies as versiering sit - jou eie Zhoo-koekies Te chuuhuuute!*
Vir 'n maklike: Klein Koekie resep: Klik hier
Kolwyntjie resep: Klik hier
17 September 2012
Baba Tee Kolwyntjie Idees!
'n Baba Tee kan soms moeilik wees om te versier volgende tema en kleur, veral as jy nie die geslag van die baba weet nie. Vir Jacqueline se Baba tee (vir Baba-boetie Mikhail) het KoekiesEnCream dit goed gedink om rond te speel met drie pastel seuntjie-kleure en wit: Blou, Mint-groen en Geel. Vir die resep kyk gerus na Amandel Kolwyntjies.
16 September 2012
Brood bak is kinderspeletjies!
Tyd om terug te keer na die outyd waar ons heerlike tuisgebakte-brood-geur in die lug gehang het soos wat die voordeur oopgaan! Want daar is niks so lekker soos die reuk van varsgebakte brood nie! Maar soos met alle gebak op KoekiesEnCream hou ek daarvan om dit 'n bietjie interessant en MOOI te maak!
In plaas daarvan om 'n reghoekige broodjie te bak het ek ronde Le Creuset ramekins gebruik om die broodjies is te bak en vir die kinders...of vir 'n tee-partytjie...oulike broodvormpies bo-op die broodjies!
14 September 2012
Vormpie Kolwyntjies*
Tradisioneel is 'n kolwyntjie rond, maar wat is nou lekkerder as om te eksperimenteer met vorms! Met al die koekie-drukker vormpies wat beskikbaar is en silikoon vorm-pannetjies, kan mens tog te lekker speel met vorms EN verskillende gekleurde kolwyntjies!
Subscribe to:
Posts (Atom)
