9 October 2012

World Egg Day 2012 Cupcakes


World Egg Day 2012
 
KoekiesEnCream maak reg vir World Egg Day 2012 wat plaasvind op Vrydag die 12de Oktober! Gaan lees gerus meer oor dié dag by ThinkEgg.com. 
 
Ons het besluit om getrou te bly aan ons gebak en heerlike Sjokolade Rooi Fluweel Kolwyntjies te bak met 'n unieke element... 'n eier bo-op die kolwyntjie
 
...maar dit hou 'n soete verrassing in vir diegene wat 'n regte sout smakie verwag, want hierdie eier is gemaak van fondant!  

Volg ons op Twitter by @KoekiesEnCream of besoek ons Facebook blad KoekiesEnCream vir nog idees en inspirasie!

Wat gaan jy bak vir #WorldEggDay?
KoekiesEnCream Cupcakes for World Egg Day 2012

5 October 2012

DIY Cupcake Wrappers

KoekiesEnCream se eerste DIY Papier Kolwyntjie Koppie "stap-vir-stap". Daar is so baie kleure en karton papier om van te kies, dat ek besluit het om vandag met die tema "Touch of Pink" te gaan en 'n baie eenvoudige "Cupcake Wrapper" te maak.

Vir meer inligting kontak gerus koekiesencream@ymail.com
 
 

DIY Kolwyntjie Koppies

KoekiesEnCream gaan binnekort ons eie DIY Cupcake Wrappers / Kolwyntjie Koppies hê! Wees op die uitkyk!

Vir meer inligting e-pos gerus na koekiesencream@ymail.com

 
 

2 October 2012

Kits-Kussinkies vir 'n KoekiesEnCream kreatiewe dag!

Na afloop van 'n Babatee waarvoor ek onlangs kolwyntjies gebak het, het KoekiesEnCream vandag besluit om bietjie kreatief te raak buite die kombuis! Omdat ek so baie met koekie-drukkertjies werk het ek hierdie vormpies geneem en gekyk waar anders in die huis 'n mens jou vormpies kan gebruik. Volg hierdie maklike 10 stappe en maak ook jou eie "Kits-kussing", hetsy dit nou vir jouself, 'n baba-kamer of vir 'n geskenk bedoel is.



30 September 2012

Hello Kitty Kolwyntjies

Dit was 'n terugblik na my dogtertjie-partytjie-dae toe ek hierdie kolwyntjies moes bak! Hierdie oulike kitty-gesiggies het heeldag in my kombuis geglimlag soos ek moes bak en brou en 'n groot mega Hello Kitty kolwyntjie bou!
Met heerlike vars wit-vanielje geure was my kombuis maar net al tevrede om hierdie gesiggies te huisves. 'n Maklike vanielje kolwyntjie met 'n heerlike roomkaas vanielje versiering.
Vir die volle resep, kontak @KoekiesEnCream op Facebook, Twitter of stuur 'n e-pos na koekiesencream@ymail.com


20 September 2012

Tuisgemaakte Roooomys!!

KoekiesEnCream deel graag hierdie roomys resep, want wat kan nou lekkerder wees as om braaidag af te sluit as met heerlike tuisgemaakte ROOMYS?!  




18 September 2012

Winterswit weelde*

Net so lief soos wat ek vir kleur is, is ek lief vir eenvoud, skoon lyne en eenvoudige patrone. Soms het mens ook net 'n paar minute om iets in die kombuis op te tower en dan is eenvoud die beste en vinnigste opsie! Nou dat daar nog net 'n paar slapies oor is van die 'winter-weer' wou ek seker maak ek vang hierdie jaar se winter vas deur bietjie rond te speel met wit fondant en patrone.

Vir die heerlike resep: Amandel Kolwyntjies - Klik hier.
Die versiering is wit fondant.


HooHoo mooi! - Zhoo Koekies

Uiltjie kolwyntjies! My vriendin Celesté Prince, 'n top fotograaf in die Wes-Kaap, Aglow Photography, is absoluut versot op hierdie diere. KoekiesEnCream wou natuurlik die projekkie aanvat en ek het my inspirasie vir hierdie kolwyntjies gekry vanaf 'n paar oulike uiltjie-koffiebekers. Jy kan enige kolwyntjie resep van jou keuse gebruik, want die eintlike geheim en 'detail' lê in die fondant-tegniek. Jy kan ook hierdie uiltjies bo-op uitgedrukte koekies as versiering sit - jou eie Zhoo-koekies Te chuuhuuute!*

Vir 'n maklike: Klein Koekie resep: Klik hier
Kolwyntjie resep: Klik hier