11 July 2011

CrèmeKaneelKrulle*



 





Oeee, ek wou nog altyd weet hoe word die heerlike Cinnabuns gebak wat in meeste winkelsentrums verkoop word. Soos enige bakkery is hul resepte dalk nie die geheim nie, maar die metode. So het ek aan die werk gespring om my eie 'cinnabun resep', soos dit bekend staan, uit te werk. Mag ek bylas dat dit vanaf probeerslag een baie mooi uitgekom het! So ek hoop werklik dat hierdie resep vir jou nét so lekker en maklik sal wees soos vir my! Die naam val net so lekker op die tong: CrèmeKaneelKrulle*



Vooraf:



Voorverhit oond: 180*C

Smeer kolwyntjiepan met botter.



Bestandele:


Deeg:
1/3 (Klein) Pakkie droë gis
1 Koppie melk
½ Koppie strooisuiker
1/3 Koppie botter
1 Teelepel sout
2 Eiers
4 Koppies meel

                                

Vulsel:
+- 1 Koppie karamel suiker
3 Eetlepes kaneel
(Botter opsioneel)






                                                                     
Versiersousie:

1/3 Koppie botter
300g Versiersuiker 
1 Houertjie Crème Fraiche 
1 Teelepel Vanielje
1 Knypie sout



Metode:
Deeg:




1. Meng botter, strooisuiker,
melk en gis tot room en voeg
goedgeklitste eiers by.



2. Voeg meel by.


3. Knie deeg.




4. Rol deeg in 'n reghoekige
vorm op plat oppervlak uit.

 

5. Gooi karamel suiker oor
uitgerolde deeg sodat dit
die deeg bedek.





6. Sprinkel kaneel oor suiker-
bedekte deeg.



7. Verdeel deeg in twee, en
rol deeg op.






8. Rol deeg in twee ewe-
groot rolletjies. Sny dan
elke rol op in 6 kleiner rolle.



9. Plaas die 12 rolletjies in
vooraf gesmeerde kolwyntjie-
pan.








10. Plaas in oond vir 25 tot 30
minute op 180*C.



Versiersousie:

Terwyl die krulle besig is om heerlik in die oond te bak, berei ek solank die heerlike Crème Fraiche versiersousie voor.




1. Room botter en versier-
suiker.


2. Voeg Crème Fraiche by.


3. Voeg geursel en sout by.

 


4. Proe! Die sousie is heeeerlik!



5. Haal krulle uit die oond na plus/minus 25-30
minute, goudkleurig van bo. Bedien
warm of koud met heerlike sousie bo-oor!

 All ingredients used in this post were purchased by KoekiesEnCream.

1 comment: