19 July 2011

Phyllo Perske Presentjie



 

*Phyllo Perske Presentjie*
Een bestandeel wat nooit verlore sal gaan in jou yskas nie, is Phyllodeeg! Nie net 'n wonderlike bestandeel om mee te werk nie, maar ook ewe maklik!
Hierdie resep bestaan uit net vier bestandele! Dit is perfek vir 'n soethappie, tee-tyd-tertjie of self as 'n medium grootte poeding. Jy kan natuurlik die bestandele vermeerder of verander na jou eie smaak of vookeur van vrugte. Ek het hierdie kombinasie gebruik omdat dit die geheime bestandeel komplimenteer: Nutella!*





Vooraf:


Voorverhit oond: 200*C



Bedek oondpan met foelie.



Smeer foelie met
'n dun lagie olyf-
olie.



Bestandele:


1 Blikkie ingelegde Perskes (skyfies)

1/2 Potjie Nutella

1/2 Pakkie bosbessies

1/3 van 'n Phyllodeeg boks 










Metode:


1. Wanneer jy die opgerolde deeg uitrol, sny die deeg in vier kwarte, sodat daar vier hopies papierdun deeg voor jou lê. Neem dan twee velle deeg op mekaar en pak dit uit op 'n groot oppervlak. Afhangende van hoeveel gaste jy verwag, pak soveel pare uit. Ek het hier 6 hopies van 2 velle elk uitgepak as demonstrasie. Ek gebruik 2 velle deeg om te verhoed dat die deeg skeur.



2. Smeer Nutella in die middel van die deeg. Ek smeer die Nutella in 'n klein blokkie in die middel van die deeg omdat ek die deeg later in 'n blokvorm wil vou, soos 'n presentjie. Hoe dikker jou Nutella lagie, hoe meer oorheersend sal die sjokolade smaak wees.


3. Dreineer die blikkie ingelegde perskes. (Ek verkies om met skyfies te werk, aangesien die deeg dan makliker in 'n blokkie vou) Jy kan die perskesap eenkant hou indien jy dit dalk oor die eindproduk wil gooi, of as garnering wil gebruik.



4. Plaas nou die perskes bo-op die gesmeerde Nutella. Ek sit gewoonlik 2 skyfies in.






5. Plaas nou die bosbessies in die middel van die 2 skyfies.




Hoe om die presentjie te vou:


1. Vou die langste sye na
die middel.


2. Sorg dat die een sy oorvleuel.


3. Vou die kort sy een keer.


4. Vou dieselfde sy 'n tweede
maal tot in die middel.

5. Vou die oorkantste kort
sy ook eenkeer.

  6. Vou dieselfde sy nog
          'n maal tot in die middel.


7. Pak die presentjies
onderstebo op die gesmeerde
oondpan.

      8. Laat genoeg spasie tussen
presentjies.



9. Plaas in die oond vir 15 min.
Om te verhoed dat die deeg
brand, draai die presentjies
na ongeveer 9 minute om.






10. Bak in totaal vir 15 minute tot
goudbruin.


Bedien verkieslik warm! 'n Titseltjie vla of
roomys sal ook nie skade doen nie! ;)


*Daar is genoeg Nutella oor vir 'n happie of 4!*

All the ingredients used in this post were purchased by KoekiesEnCream.



No comments:

Post a Comment