11 March 2013

{Milo} Flatervrye Fudge Fees




Flatervrye fudge is nie altyd so flatervry nie. Resepte los gewoonlik die klein oepsies uit van wat dalk kan gebeur wanneer jy fudge maak. 'n Paar wenke wat ek kan gee wanneer jy fudge maak is: {For English recipe click here}
1. Sorg dat AL die bestanddele goed opgelos is. Milo inkluis.
2. Moenie jou plaat te hoog stel nie, anders brand die fudge vinnig vas.
3. Haal die kastrol van die plaat af wanneer jy die geklitste eier by die mengsel voeg.
4. Indien dit sou gebeur dat jou fudge nie wil set nie, geen probleem! Krap die mengsel uit in die kastrol en laat dit op 'n lae hitte weer smelt. Kook dit vir 'n verdere 5 tot 10 minute en gooi die mengsel weer uit om van voor af te set.
5. Die geheim van 'n suksesvolle fudge resep is: Roer! Moet nooit die kastrol verlaat nie, hou aan roer! Of kry iemand om vir jou in te staan ;)

Bestanddele:

¾ Koppie Stork Bake
¾ Koppie milo
3 Eetlepels kakao (opgelos in ‘n 1/3 Koppie kookwater)
1 Blikkie kondensmelk
1 Eier
Knypie sout en titsel vanielje
500g Strooisuiker
         Metode:
 1. Smelt botter in kastrol. Plaat op medium.
 2. Gooi kondensmelk en strooisuiker
by en roer tot glad. Voeg dan die geklitste eier by.
 3. Voeg kakao by.
                                         Roer sowat 8 minute tot kakao heeltemal opgelos is.
 4. Voeg milo by. Roer op medium-hitte totdat
                                                milo heeltemal opgelos is. (Sowat 5 minute)
5. Jy mag maar proe!
6. Laastens, voeg die sout en vanielje by.
Sit plaat op hoog en roer vir 10 minute terwyl mengsel borrel.Nie kook nie!
'n Goeie aanduiding dat jou fudge gereed is om uit te gooi: Die fudge mengsel sal reeds hard word aan die kante van die kastrol.
7. Gooi nou die fudge-mengsel uit in 'n bak van sowat 20cm X 30cm. Laat dit afkoel op 'n droograkkie sodat die bodem van jou bak ook kan afkoel.




 8. Sny blokkies van sowat 4cm X 4cm. Geniet!*
This post was sponsored by:
 

No comments:

Post a Comment