4 March 2013

{Eenvoudige} Elegante Elgin

KoekiesEnCream het die naweek gereis na die lieflike Elgin, waar ons op die plaas genaamd Rockhaven 'n eenvoudige tòg baie elegante troukoek afgelewer het. Die senuwees het soms hoog geloop op Sir Lowry's Pass, met draaie en hobbels wat mens koud laat - veral vir die bestuurder wat weet dat daar 'n troukoek in die motor is!

Maar, wat 'n lieflike rit en soveel te meer die bestemming! Rockhaven is beslis 'n stukkie hemel wat tussen die plase en kronkelpaaie van Elgin en Grabouw versteek is.

{Kleurskema} Die bruid het besluit op wit, navy en 'n tiksel pienk. Sag, eenvoudig en elegant. En die mooiste {en soetste} prentjie denkbaar, om te kan sê: "We do" met ietsie soets!









No comments:

Post a Comment