29 July 2011

Veerlig Vla-skywe



Veerlig Vla-skywe*

Vandag se resep is heerlike vla-skywe met karamel! Hierdie resep bevat veerlig blaardeeg (puff pastry) wat perfek is vir beide soet- en southappies.

Die blaardeeg breek bietjie die soet van die tuisgemaakte vla en die gekookte kondensmelk (karamel).

Spog 'n bietjie met jou bak-vernuf by die volgende koek-en-tee!



Vooraf:

Voorverhit oond: 220*C

Trek bakplaat met foelie oor.


Bestandele:

Deeg:
200g Blaardeeg (Puff Pastry)

Vulsel:
450 ml Melk
60 ml Suiker
70 ml Vlapoeier
2 Eiergele
5ml Vanielje
1/2 Blikkie gekookte kondensmelk

Versiering:
100ml Versiersuiker
20 ml Suurlemoensap

Metode:

1. Rol blaardeeg uit op 'n plat oppervlak.

2. Druk vormpies uit blaardeeg
(hartjies/sirkels/reghoeke)

3. Pak vormpies uit op oondpan.

4. Smeer vormpies met bietjie melk aan albei
kante en plaas in oond vir ongeveer 15 minute.

5. Klits melk, suiker, eiergele, vlapoeier saam
in 'n kastrol.

6. Plaas op stoof op medium hitte en roer
aanhoudend vir ongeveer 20-25 minute.

7. Roer vla tot dik.

8. Voeg dan vanielje by, roer deur en haal
van stoof af.

9. In 'n aparte bakkie roer gekookte kondensmelk
deur sodat dit makliker kan smeer.

10. In 'n aparte bakkie druk vars suurlemoensap
uit, ongeveer 20 ml.

11. Voeg versiersuiker by suurlemoensap en
roer tot medium-dikte. (Nie loperig nie)

12. Na ongeveer 15-20 minute haal ligbruin
blaardeeg uit die oond uit.

13. Smeer een helfte van die vormpies met
gekookte kondensmelk.

14. Smeer ander helfte met vla.

15. Plaas 'n gekookte kondensmelk-hartjie 
bo-op 'n vla-hartjie en versier met versiersel.

'n Alternatief:

Sny reghoekige blaardeeg-skywe vir
groter vla-skywe.

Die genot is soveel groter!

All the ingredients used in this post were purchased by KoekiesEnCream.

1 comment:

  1. Ek weet nie hoekom ek nog probeer "diet" nie want wragtig, jou smullekker resepte is te lekker om NIE te maak of te (vr)eet nie :)

    ReplyDelete