6 September 2011

Rooi Fluweel Sjokolade Koek




Rooi Fluweel Sjokolade Koek

Die eerste keer toe ek 'n 'Red Velvet Cake' geëet het ek nie geweet wat om te verwag van hierdie bloedrooi kleurige koek nie!

Maar, ek was aangenaam verras! 'n Heerlike, sagte tekstuur, ryk in geure (en kleur) en met 'n roomkaas en 'marshmallow fluff' versiering!

Verseker 'n vet soen van soet!




Vooraf:

Voorverhit die oond: 180*C

Smeer ringkoekpan goed.

Bestandele:

Koek:
1/2 Koppie Botter
1 1/2 Koppies Suiker
2 Eiers
4 Eetlepels Rooi Kleursel
2 Opgehoopte Eetlepels Kakao
1 Koppie Karringmelk
2 1/4 Koppies Meel
1 Teelepel Vanielje
1 Teelepel Bakpoeier

Vulsel:
4 Eetlepels Botter
4 Eetlepels Crème Fraiche
1 Koppie Versiersuiker
1 Teelepel Vanielje

Versiering:
3 Eierwitte
3/4 Koppie Stroop
1 Koppie Versiersuiker
1 Teelepel Vanielje

Metode:

Koek:

1. Room botter en suiker.

2. Voeg kakao en kleursel by,
klits deeglik. 

3. Voeg eiers in en klits deeglik. 

4. Klits karringmelk in. 

5. Sif meel by mengsel. Klits to glad. 

6. Voeg vanielje by.

7. Voeg laastens bakpoeier by.

8. Gooi mengsel egalig uit in ringkoekpan.

9. Bak in die oond vir ongeveer 35-40 minute.

Vulsel:

1. Smelt botter en roer Crème Fraiche in.

2. Voeg versiersuiker by en roer tot glad.

Versiering:

1. Klits eierwitte tot styf.

2. Voeg stroop, versiersuiker en vanielje by.
Klits tot glad.

Hoe bring ek als bymekaar...

1. Laat Rooi Vluweel Sjokolade koek afkoel
op droograk.

2. Smeer roomkaas vulsel bo-oor Vluweel Koek.

3. Smeer genoeg vulsel, sodat dit by die randte
van die koek afloop. Plaas dan in die yskas. 

4. Haal nou die koek uit die yskas uit, en smeer
eierwit versiering oor die hele oppervlak van
die koek. Die koek moet heeltemal bedek wees.
Plaas in die yskas sodat versiering kan set.

5. Bedien net so of met heerlike vars
gesnyde aarbeie of bessies.

Jy kan self 'n dubbel laag Rooi Vluweel Sjokolade Koek probeer,
jy kry net soveel meer! ;)
 
All the ingredients used in this post were purchased by KoekiesEnCream.
 


1 comment: