16 July 2014

Winter Wakker-Word Wafels

 


Winter Wakker-Word Wafels!

Wafels in die winter, wat 'n wenresep! Veral om jou vroegoggend uit die bed uit te kry!

Boonop is daar niks lekkerder as 'n warm ontbyt en/of tuisgemaakte wafels in die winter nie!

Ek bedien dit graag met vrugte, indien vir ontbyt, en met roomys en/of Nutella as 'n nagereg!



{Jy benodig}


'n Wafelpan/maker.


{Bestanddele}
 
1 Koppie meel
1 Eier
1 Koppie melk (ek gebruik 1 Koppie appelsap)
1 Teelepel suiker
1/2 Teelepel sout
2 Teelepels bakpoeier
1 Teelepel botter (vir smeer van wafelpan)



Maple Stroop as sousie.

{Metode}

1. Skei eierwit en eiergeel.
                                          
2. Sif droë bestandele saam.


3. Voeg appelsap/melk en  eiergeel by meelmengsel.

4. Klits bestandele.
                                                          
5. Klits eierwit.

 6. Vou geklitste eierwit in meelmengsel
 in tot glad.

7. Smelt botter.
 8. Smeer Wafelpan.

   
9. Gooi ongeveer 'n 3/4 koppie
van die wafelbeslag in die wafelpan/maker

                                                
10. Dit neem ongeveer
3-4 minute per wafel,
afhangende van jou wafelpan.



 
Bedien en geniet!



Komplimenteer jou tuisgemaakte
wafel en bedien dit met vars-
gesnyde aarbeie en stroop!


Om jou Winter Wakker-Word Wafels af te 
rond, bedien dit soos genoem PLUS 'n 
vars aarbeisap! 

All products were purchased by KoekiesEnCream.
  

No comments:

Post a Comment