14 July 2014

Winter Woepa Pasteitjies

Ek het 'n tydjie terug die voorreg gehad om Huiskok Errieda du Toit te ontmoet! Lees gerus meer oor Errieda du Toit op haar blog Huiskok. Jy kan haar ook volg op Twitter @Huiskok. Soos een 'foodie' aan 'n ander het sy my aangehuts om 'n nuwe resep te probeer - die Whoopie Pie! Met die opwinding van die lieflike ontmoeting en 'n pasgebore inspirasie kon ek myself nie keer om alreeds gisteraand in die kombuis te werkskaf aan my eie tuisgemaakte Woepa Pasteitjies nie!

The Whoopie Pie: "While considered a New England phenomenon and a Pennsylvania Amish tradition, they are increasingly sold throughout the United States. According to food historians, Amish women would bake these desserts (known as hucklebucks, or creamy turtles at the time) and put them in farmers' lunch pails or lunch boxes. When farmers would find the treats in their lunch, they would shout "Whoopie!" It is thought that the original Whoopie pies may have been made from cake batter leftovers." (Wikipedia, November 15, 2012)

Daar is 'n groot verskeidenheid en moontlikhede van kleure en geure wat jy in jou Winter Woepa Pasteitjie kan inkorporeer. Ek het besluit ek gaan die tradisionele klam sjokoladekoek beslag gebruik, maar in plaas van room/roomkaas in die middel het ek my pasteitjies met 'n kondensmelk sjokolade toffie vulsel gevul..mmm!!




Vooraf verhit jou oond: 180*C
Jy benodig: 2 kolwyntjie panne (24 kolwyntjies)- indien jy jou pasteitjies ewe groot wil hê. (maak sowat 12 pasteitjies - opmekaar)
Bestandele: (Beslag)


2 k Meel
1 1/2 t Bakpoeier
2/3 t Sout
1/2 k Kakao
1 k Karringmelk
1/2 k Stork Bake
1 t Vanilje
2/3 k Bruinsuiker
1/3 k Strooisuiker
1 Eier (ekstra groot)
1. Meng meel, bakpoeier, sout en kakao saam.
2. Room Stork Bake, suiker en strooisuiker. Klits eier by.
3. Meng karringmelk om die beurt met die meel-mengsel in die margarien-mengsel in.
4. Voeg vanilje by.
5. Gooi in kolwyntjie panne.
6. Plaas jou kolwyntjie panne in die oond vir sowat 15 minute.
7. Laat hul afkoel op droograk.
Bestandele: (Vulsel)
2/3 Blikkie kondensmelk
100g Stork Bake
2 k Versiersuiker
2 e Kakao


Metode:
1. Smelt Stork Bake effens.
2. Sif versiersuiker by.
3. Voeg kondensmelk en vanilje by.
4. Plaas op stoof in 'n kastrol op medium hoogte, roer konstant vir sowat 5-10 minute.
5. Draai plaat op hoog en roer tot kook.
6. Laat die vulsel afkoel en verdik.
Afronding:
Smeer die afgekoelde vulsel op die een helfte van die pasteitjie en sit daarna die ander helfte bo-op soos 'n toebroodjie.
GENIET!!

No comments:

Post a Comment