3 October 2011

Pienk Kersie Sjokolade Koek



Pienk Kersie Sjokolade Koek

Met al die neigings na 'Rooi Fluweel' koeke en kolwyntjies het ek besluit om 'n "kyk-wat-het-ek-in-die-kas" koek te bak! En hierdie is toe presies die tipe tuisgebakte koek waarmee ek vorendag kon kom. Nie te veel moeite nie, en glad nie te moeilik nie! Alles is op die winkelrakke beskikbaar en met so knype kreatiwiteit by, kan hierdie resep enige vorm of kleur aanneem. 'n Gebak se kleur is nét so belangrik soos sy geur, so maak mooi, of soos in die geval, maak rooi!

 

Vooraf:

Voorverhit oond op 180*C, en smeer twee
vlekvrye staal blikkies met botter.


Bestandele:

1 Koppie Meel
2 Eetlepels Kakao
1/2 Koppie Kookwater
1/2 Koppie Olie
4 Eiers Geskei
Knypie Sout
5ml Vanilje Geursel
2 Eetlepels Rooi Voedsel Kleursel
1 Koppie Strooisuiker
3 Teelepels Bakpoeier

Versiering:

8 Eetlepels Nutella Sjokolade Smeer
1 Koppie Vanilje Pilsbury 'Frosting'
Ingelegde Kersies

Metode:

1. Klits al jou bestandele gelyktydig bymekaar,
behalwe jou eierwitte.


2. Klits eierwitte tot styf.


3. Vou eierwitte in mengsel in.


4. Gooi mengsel uit in twee vlekvrye staal
koek blikkies.


5. Voeg gesnyde kersies in mengsel net
voordat jy dit in die oond plaas.


6. Plaas in die oond op 180*C vir ongeveer
35-40 minute.


7. Haal uit die oond uit, en laat die blikkies
afkoel.


8. Dop die koek blikke om. Sny nou die rolle
in ongeveer 2cm dikte snye.


9. Wanneer die snye heeltemal afkoel het,
meer een dun lagie Nutella oor.


10. Plaas nou die Pilsbury Vanilje 'Frosting'
in 'n versiering-drukkertjie.


11. Versier dan die snye na smaak.



12. En nou tyd vir die 'kersie-op-die-koek"!


Sien, bedien en smul...
As jy op 'n dieet is...kul ;)

All the ingredients used in this post were purchased by KoekiesEnCream.

No comments:

Post a Comment