12 September 2012

Kondensmelk Ystervarkies





+- 150ml Kondensmelk -dalk meer, afhangende van smaak
1 Koppie Klapper
225g Stork Bake teen kamer temperatuur
225g Strooisuiker
4 eiers
225g Bruismeel gesif

1. Voorverhit jou oond teen 180°C
2. Room die Stork bake en suiker in ‘n mengbak totdat dit lekker lig en pofferig is.
3. Jy kan nou stadig maar seker die eiers begin inklits – voeg so bietjie meel ook by om te verhoed dat die mengsel skif.
4. Vou dan die res van die meel ook in. Dit is soos ‘n sny-aksie.

5. Smeer en bedek die bodem van jou koekpannetjies en skep helfte van die mengsel in elkeen in.

6. Bak hierdie dan in die middelste rak vir so 25-35minute.

7. Gooi kondensmelk in een houertjie en klapper in 'n ander.

8. Wanneer die sponskoek klaar gebak en afgekoel het, sny in blokkies na smaak.

9. Doop die blokkies dan eers in die kondensmelk en dan in die klapper!

Geniet!* 

No comments:

Post a Comment