3 September 2012

Mocha Victoria Sponskoek




 


Mocha Victoria Sponskoek
Bedien 12-16

225g Stork Bake teen kamer temperatuur
225g Selati Strooisuiker
4 eiers
225g Sasko bruismeel gesif

Koffie Stroop
1 koppie Selati suiker
1/2 koppie sterk koffie

Mocha botterroom versiering
125g Stork Bake, saggemaak
½ koppie kakao, gesif
200g versiersuikersuiker,ge sif
45 ml melk
Kakao poeier om bo-oor te strooi

1. Voorverhit jou oond teen 180°C
2. Room die Stork bake en suiker in ‘n mengbak totdat dit lekker lig en pofferig is.
3. Jy kan nou stadig maar seker die eiers begin inklits – voeg so bietjie meel ook by om te verhoed dat die mengsel skif.
4. Vou dan die res van die meel ook in. Dit is soos ‘n sny-aksie.

5. Smeer en bedek die bodem van jou koekpannetjies en skep helfte van die mengsel in elkeen in.

6. Bak hierdie dan in die middelste rak vir so 25-35minute.

7. Die koffie stroop maak mens deur die suiker op te los in die warm koffie op ‘n lae hitte, en laat dit prut totdat dit bietjie dikker geword het.

8. Vir die botterroom, room jy die Stork Bake, kakao, versiersuiker en melk, totdat dit lekker lig en romerig is.

9. Jy gaan nou jou koffie stroop liggies oor die sponskoek strooi en daarna die botterroom bo-oor smeer.

10. Om dit af te rond, strooi ons ‘n klein bietjie kakao poeier bo-oor en voila!



No comments:

Post a Comment