25 October 2012

Kits, Koninklike Suikerkoekies!


Bederf jouself met kits suikerkoekies die somer! KoekiesEnCream maak reg vir 'n kleurvolle Kersfees! Kies jou kleur en geur en bedien jou gaste met 'n spesiale bederfie*

Kyk gerus na ons DIY afdeling vir meer doen-dit-self idees! 





Jy benodig:

Vir die Suikerkoekies:

1/2 k botter
1 k suiker
1 eier
2 e melk
1/2 t Vanilje
2 1/2 k meel
2 t bakpoeier
1/2 t sout

Vir die versiering:
2 e Glukose (of "corn syrup" - Amerikaans)
2 1/2 k versiersuiker
4 e melk
1 t amandelgeursel
*Voedselkleursel - eie keuse

Metode:
Suikerkoekies: Room botter en suiker. Voeg eier, melk en vanilje by en roer. Sif droë bestandele by en meng deeglik. Plaas die deeg in die yskas vir 1 uur. Wanneer deeg uit die yskas kom, rol deeg uit en sny/druk vormpies uit. Plaas nou jou uitgedrukte vormpies op 'n oondpan en bak vir 10 minute op 190*C. Plaas op koelrak.
Versiering: Sif versiersuiker deeglik. Voeg glukose (Amerikaanse 'Corn Syrup') by. Meng melk en geursel en voeg by. Die versiersel moet effe loperig wees, amper soos warm heuning. Verdeel nou die versiering in 'n paar bakkies, afhangende van hoeveel verskillende kleure voedselkleursel jy wil gebruik. Wanneer die suikerkoekies afgekoel is, versier na smaak.
Vir diegene wat self ook wil suikerkoekies versier, hierdie video gee mens 'n idee van die hoeveelheid tyd en moeite wat in die versier van 'n suikerkoekie ingaan: http://www.youtube.com/watch?v=hMC6phtCGs8&feature=related








No comments:

Post a Comment