28 October 2012

Beads & Bows

Flink en vinnig: Dit is vir my een van die lekkerste tydverdrywe om net bietjie rond te speel met nuwe idees. Somtyds kan dit so eenvoudig wees soos om 'n kolwyntjie te versier of ietsie nuuts te probeer bak. Vir 'n vinnige teetyd-breukie het mens nie altyd tyd om jou kolwyntjies te versier nie, maar daar is altyd 'n vinnige oplossing - met al die mooi versierkraletjies, hartjies en strukkies wat mens nou klaargemaak in die winkels kan koop, is dit nou so eenvoudig om 'n kolwyntjie bietjie op te kikker.

 


Omdat ek hierdie baaaaie lekker rooi fluweel kolwyntjies gebak het, wou ek ook nie die heerlike smaak van die koek self oorheers met 'n suiker- of botterroom versiering nie en het bloot eenvoudig besluit dat swart eetbare kraletjies die ding sal doen!

No comments:

Post a Comment