26 November 2012

Babatee vir Boetie

KoekiesEnCream het die afgelope naweek "Baba Boetie" kolwyntjies gebak vir 'n babatee by die pragtige Majeka House, geleë net buitekant Stellenbosch. Dit was ook die eerste keer dat KoekiesEnCream 'n doek-koek moes 'bak' - 'n baie oulike DIY idee - die doek-koek is baie eenvoudig om te maak: stapel doeke opmekaar en bind hulle vas met linte of selfs tou. Die 'koek' kan dan as geskenk aan die toekomstige 'mams' oorhandig word. Die ligblou en wit kolwyntjies het perfek ingepas by die kleurskema van dié van Majeka House.

Vir meer inligting stuur 'n e-pos aan koekiesencream@ymail.com

Kolwyntjies en doek-koek deur KoekiesEnCream
Versnaperings deur Majeka House



 

 

 

 

No comments:

Post a Comment