24 November 2012

Voorletter Fees!

Kersfees is 'n FEES en nog meer so as jy dit saam met vriende en familie kan vier! Hier is 'n baie eenvoudige DIY idee om jou Kersfeestafel af te rond deur vir elkeen van jou vriende, familie of gaste 'n plekaanwysertjie te maak - 'n Soetkoekie met hul voorletter op! Hier kan jy natuurlik rondspeel met jou eie kleure, linte en houertjies/sakkies. In plaas daarvan om naamkaartjies te skryf kan jy hierdie soetkoekie, met hul voorletter op, as 'n dankie-sê geskenkie op die tafel sit, aan die kersboom hang of self as deel van jou dekor gebruik.  








Plaas jou bestelling by koekiesencream@ymail.com voor 16 Desember!

No comments:

Post a Comment