18 November 2012

KoekiesEnCream Kook met Koffie op Pasella

KoekiesEnCream het die 14de November die voorreg gehad om weer bietjie op die kassie te kook. (Video onderaan blad) Soos gesien op Pasella webtuiste, hier is KoekiesEnCream se Koffiekoekversiering resep:

Foto: PasellaTV
2 t poeierkoffie
1½ t kookwater
1 koppie suurroom
200g sjokolade, gesmelt

1. Los koffie op in kookwater. Voeg by suurroom.
2. Voeg suurroommengsel by sjokolade en roer tot glad.
3. Gebruik onmiddellik omdat die versiering vinnig verhard.
En vir diegene wat hou van ietsie souts, het KoekiesEnCream 'n Koffiebraaisous resep, ook beskikbaar op Pasella se webtuiste:

Foto: PasellaTV
1 ui, gekap
2 e olyfolie
1 k tamatiesous
½ k asyn of sterk swart koffie
½ k bruinsuiker
1 knoffelhuisie, gekap
½ k gekapte pikantrissies
2 e mosterd
2 t gedroogte fyn rissies
1. Braai uie in die olyfolie tot ligbruin.
2. Voeg die res van die bestanddele by.
3. Laat die sous ongeveer 10 - 15 minute prut.
4. Wag tot die sous effens afgekoel het en verwerk dan tot fyn.
5. Hierdie sous kan 2 - 3 weke in jou yskas hou.

No comments:

Post a Comment