9 January 2013

{Kraakvars} Koljander & Appelkoos

Daar is niks so lekker soos om met vars produkte te kook nie! Vandag se geure wat in die KoekiesEnCream kombuis rond sweef is: Koljander, kraakvars-appelkoos en sappige suurlemoen! Na al die sware etes oor die fees seisoen het ek besluit op 'n wit vleis wat ek mooi en geurig kan tooi met al die bogenoemde geure.



Al wat jy benodig:

Een heel hoender {verkieslik ontbeen}
Een suurlemoen
Chakalaka sousie van jou keuse
Koljander
2 Medium grootte appelkose
Blatjang
Sout&Peper na smaak

Metode:

Ek sit sommer foelie op 'n bakplaat - met die blink kant na bo - sit die heel hoender bo-op. Gooi sout & peper oor. Druk die sap van die suurlemoen oor die hoender eweredig uit. Smeer die hoender met die chakalaka sousie. Dan sit ek nog 'n stuk foelie bo-oor die hoender. Bak dit in die oond op 200*C vir ongeveer 45 minute. Ek haal dan die boonste laag foelie van die hoender af, sny die hoender op in skywe. Sny die appelkoos ook in skywe op en plaas 'n skyfie appelkoos tussen die hoender skywe. Laastens smeer ek nou omtrent 2 eetlepels blatjang oor die klaar hoender en garneer met koljander!

Heerlik! 

No comments:

Post a Comment