8 February 2013

{Gevriesde} Vrydag Vrugtefees!

Van kindsbeen af kan ek onthou hoe ons somerdae gewag het vir dit om tyd te word vir Waatlemoen! Ons het onlangs verhuis na 'n pragtige plaashuisie in die Paarl, ja - daar waar dit snikheet warm word, jou wasgoed van die masjien tot die draad droog word en waar jy 90% van jou yskasprodukte in die vrieskas bêre net sodat dit lank genoeg koud bly.

Dit is met hierdie vrieskas-mode dat ek my gevriesde vrugtefees ontdek het! Nadat ek by Pick n Pay vir my heerlike vars 'moonball' druiwe en 'n yslike groot waatlemoen gekoop het, kon ek nie anders as om in dié hitte aan 'n yskas-kreatiewe manier te dink om my vrugte so koud as moontlik vir gaste voor te sit nie.

In plaas daarvan om waatlemoen net op te sny, het ek vormpies uitgedruk en 'n roomys-stokkie ingesit, sodat jou gaste dit maklik kan neem en eet. Die 'moonball' druiwe het ek net eenvoudig oornag in die vrieskas geplaas en in 'n bakkie bedien.

Somer-koel en kreatief!

To read this in English click here


No comments:

Post a Comment