17 September 2013

Tuisgemaakte {Sjokolade} Tennisbeskuitjiekors!

Ek het onlangs 'n Peppermint Crisp Tert geplaas met 'n heerlike Tennisbeskuitjiekors. Vandag het ek besluit om my eie weergawe van 'n tennisbeskuitjie te bak - 'n sjokolade een! Hierdie beskuitjiekors neem effens langer as die gewone krummel- of broskors omdat jy eers die tennisbeskuitjies self moet bak, maar dit is 100% die moeite werd.
 
Die heerlike heuning en klapper geure werk fantasties saam met 'n tikkie sjokolade - kakao. Hier is die resep:
 
 
{Bestanddele}

100g sagte botter
1 k suiker
80g bruinsuiker
1 k meel
1 eier
1 teelepel koeksoda
1 k klapper
3 eetlepels heuning
1 ½ eetlepels kakao
1 teelepel vanilje
 
{Metode}
Klits botter en suikers saam tot romerig. Voeg eier en vanilje by. Sif droĆ« bestanddele in en meng goed. Voeg heuning en klapper by en meng deur. Op ‘n gesmeerde bakplaat (dit sal ongeveer twee bakplate neem), plaas ongeveer 2cm deegballetjies op die bakplaat en bak vir 10 minute op 180*C. Plaas die klaar gebakte koekies op ‘n droograk om af te koel.
Wanneer die koekies heeltemal afgekoel is, plaas hulle in ‘n deursigtige sterk plastieksak en kap die koekies fyn. Smelt 3 eetlepels botter en meng dit tesame met die gekrummelde koekies in ‘n mengbak. Gooi nou die koekie- en bottermengsel onder in die gesmeerde losboom koekpan, versprei dit eweredig en druk plat sodat die koekies ‘n netjies beskuitjielaag onder in die koekpan vorm. Sit in die yskas terwyl jy die res van jou gekose tert voorberei.
*Die sjokolade tennisbeskuitjiekors smaak heerlik met 'n sjokolade yskastert of met 'n pepermenttert bolaag!
 

No comments:

Post a Comment