Koffiekoekies*
Koffiekoekies en ander kleinkoekies is 'n bietjie meer werk as enige ander gebak.
Om deeg te knie, koekies uit te druk en elke koekie se vulsel individueel te smeer, gaan 'n tydjie van jou verg.
Pak hierdie resep aan met tyd aan jou kant, maak 'n koffie-afspraak met hierdie koffie koekies!
Neem ook in ag dat die deeg 'n uur lank in die yskas moet 'rus' voordat dit uitgerol en in vormpies uitgedruk word.
Nietemin, om 'n tuisgemaakte koffiekoekie voor te sit maak elke koppie koffie spesiaal...en maak enige ouma trots!