5 July 2013

Maklike Sjokkie Modder Blokkie*


This morning I baked a Quick Chocolate Pudding {Click here to view the video} on the Expresso Morning Show - SABC3. Exactly two years ago I blogged this beautifully scrumptiously looking pudding - the recipe slightly different however. So let me share my version of it with you once again! I just simply couldn't resist taking a bite this morning - even though it was only 08h20 at the time ;)
 
Photo by Günther from Vörsprung Studio via Instagram

 
If you want the Expresso Recipe {click here}, my recipe to follow.
 

Daar is niks lekkerder om wakker te word na 'n Sondagmiddagslapie, na die kombuis toe te sluip en aan die orige Sondagmiddagete se poeding te peusel nie!

Dit is dalk aan jou meer bekend as 'Chocolate Island Pudding' of 'Mississippi Mudd Pudding', maar hierdie familie resep kom nie sommer in boeke voor nie. Elkeen geslag in ons familie verander en las aan hierdie resep na hartelus en hierdie is my weergawe van die Sjokkie Modder Blokkie*:



Vooraf:


23cm X 23cm Bak gesmeer

Voorverhit oond: 180*C


  














                                                   Bestandele:

Beslaggie:

1 Koppie meel
2 Eetlepels kakao (Opgehoop)
3/4 Koppie melk
1/2 Teelepel sout
1/2 Teelepel vanielje
1 Eier
3/4 Koppie suiker
3 Teelepels bakpoeier
1/4 Koppie botter

Sousie:

2,5 Koppies kookwater
2 Koppies suiker
3 Eetlepels kakao
1 Teelepel vanielje




Metode:


1. Klits botter en suiker tot room.

2. Voeg goedgeklitste eier by.


3. Sif droeë bestandele en roer dit
om die beurt met die melk by die
bottermengsel en voeg vanielje by.

4. Gooi beslag uit in gesmeerde
bak.

5. Los kakao in kookwater op en
voeg suiker en vanielje by. Verhit
in mikrogolf/stoof tot kook.

6. Gooi sous oor beslag wat in
gesmeerde bak uitgegooi is.


 
7. Bak in oond vir 38 minute

8. Sny in blokke en bedien
warm of koud.

 *Smullekker Sondagmiddagslapie Sjokolade Souspoeding*
 
All the ingredients used in this post were purchased by KoekiesEnCream.

1 comment:

  1. Yummm, dit lyk VERRUKLIK..kan nie glo my magie grom nog na gisteraand nie! x

    ReplyDelete