Meringue My Lief
Dit is so lekker om mense te bederf veral as jy weet wat hul gunsteling is!
Vandag se gunsteling wat ek gaan aanpak is Suurlemoen Meringuetert!
Vooraf:
Voorverhit oond: 180*C |
Losboom Kaaskoekpan |
Bestandele:
1 Pakkie Tennisbeskuitjies
80ml Botter
1 Blikkie kondensmelk
125 ml Suurlemoensap
1 Suurlemoenskil gerasper
4 Eiers
1 ml Kremetart
Knypie sout
100ml Strooisuiker
Metode:
1. Krummel Tennisbeskuitjies. |
2. Voeg gesmelte botter by. |
3. Druk korsmengsel plat in losboompan. |
4. Plaas in yskas. |
5. Skei twee eiers. |
6. Rasper suurlemoenskil. |
7. Druk 100ml suurlemoensap uit. |
8. Klits twee eiergele, kondensmelk, suurlemoenskil en suurlemoensap saam. |
9. Gooi suurlemoenmengsel oor kors uit. |
10. Smeer suurlemoen- mengsel eweredig oor kors. |
11. Sit in yskas. |
12. Skei nog twee eierwitte by vorige eierwitte. |
13. Voeg kremetart by eier- witte. |
14. Klits tot styf, voeg strooisuiker by terwyl jy klits. |
15. Smeer eierwit eweredig oor kors en suurlemoen- mengsel. |
16. Plaas in oond vir 20 minute op 180*C. |
17. Hou meringue dop. |
18. Bak tot ligbruin. |
19. Wanneer afgekoel, haal tert versigtig uit losboompan uit. |
Meringue is gereed My Lief! |
Ietsie soets is altyd ietsie goeds (vir die hart*)
All products used in this post were purchased by KoekiesEnCream.
All products used in this post were purchased by KoekiesEnCream.
Nig!!
ReplyDeleteDit lyk heerlik....
Sal dit sommer die naweek moet uit toets!!!