20 February 2013

{Gourmet} Marshmallows

In enige bedryf is dit 'n uitdaging om altyd voor te bly met die nuutste neigings of mode gier! Vandag se nuutste soettand-gier, waaroor veral die Europese blogs gons, is die sogenoemde Gourmet Marshmallows! Jy kan enige geur, kleur of vorm kies om te maak. Al wat jy hoef te doen is om 'n basiese marshmallow resep te neem en Gourmet Guru te speel in jou eie kombuis. {Vind resep aan die einde van die artikel.} 
KoekiesEnCream is bevoorreg om hierdie resep en soettand-tendens te deel en daaroor te klets OP DIE LUG op RSG met My Easy Cooking kuberkok Nina Timm.


Ek nooi jul uit om meer te lees oor hierdie fenominale vrou, ma, kok en radio persoonlikheid! Om die waarheid te sê, jy kan ALLES op haar webtuiste kry: of jy nou opsoek is na resepte, kookklasse of foto's vol inspirasie!  Leer meer...

{Gourmet Marshmallows}
Bestandele:
4 K Suiker
1 K Water
12 Velle gelatin
2 K Water
3ml Sout
10 ml Vanilla geursel
Geure:
1. Sjokolade rosyntjies & gekapde amandel


2. Bloubessie “gems” & Pienk kleursel



3. Vanilje geursel, Rooi fluweel koek, botterroom versiersel & versiersuiker {vir garnering}

Metode:
Plaas ‘n kastrol op ‘n medium-hitte plaat. Gooi  1 k water in die kastrol en los suiker daarin op.
In ‘n aparte bakkie, week 12 velle gelatin in 2 K water vir ongeveer 8 minute. Druk dan die water uit en plaas in die mikrogolf vir ongeveer 3 minute tot gesmelt.
Wanneer water in die kastrol begin borrel, laat dit kook vir ongeveer 5 minute totdat die mengsel ‘n stroop tekstuur aanneem.
Klits dan nou die gesmelte gelatin terwyl jy die stroop mengsel stadig byvoeg. Klits vir ongeveer 5 minute en voeg sout en vanilje geursel by.
Klits nou die stroop-mengsel vir nog 10-15 minute tot afgekoel.
*Indien jy die drie verskillende geure wil maak, verdeel jou mengsel in drie, voeg geure/vulsels by elkeen afsonderlik of indien jy net Vanilje Marshmallows wil hê, hou mengsel soos dit is.
Gooi nou die afgekoelde mengsel oor in ‘n vierkantige pan wat met gesmeerde bakpapier uitgevoer is en plaas in die yskas totdat Marshmallows geset is. Laastens, sny die Marshmallows in blokkies.
*Vir die Rooi Fluweel Marshmallow Koek, sal jy eers ‘n Rooi fluweel koek moet bak, ‘n vorm uitdruk van jou keuse, versier met botterroom bo-op en laastens strooi met versiersuiker – sien foto voorbeeld.
*Ietsie soets is altyd ietsie goeds!*

No comments:

Post a Comment