31 October 2012

Eenvoudig net LIEFDE

Rooi bly maar net altyd mooi! Vandag se KoekiesEnCream tema is "Eenvoudig net Liefde". 'n Bloedrooi fluweel hartjie koek is die eerste waaraan ek kon dink! Met 'n mooi sagte tekstuur, kon ek nie anders as om hierdie koek net so voor te sit nie. Eenvoud is somtyds die mooiste en pas vir my by vandag se tema. Hierdie resep is 'n bietjie meer 'spesiaal', met so 'n heerlike geur dat mens dit nie wil oorheers met onnodige versiersel nie - en daarom het ek bloot besluit om net 'n tikkie (liefde) versiersuiker bo-oor te strooi. Jy kan selfs vir hierdie Kersfees 'n kersfeesboom vormpan gebruik en dieselfde daarmee doen.

Stuur gerus aan ons 'n e-pos indien jy hierdie basis koek wil bestel: koekiesencream@ymail.com







No comments:

Post a Comment