26 December 2012

{Kersfees om die tafel} Dekor

Kersete in ons huis is altyd 'n baie groot 'affêre', soos hulle sê. Met Ouma wat kom kuier en met al die kuikens onder een dak was die tafel gedek en reg vir die smaaklike ete waarvoor ons sou aansit later die aand. Hierdie jaar het ons oud en nuut gekombineer - enige iets van vintage plekmatjies, wit gespuite draad sterre, 'n doily gehekelde tafeldoek tot laser gesnyde hout figuurtjies. Krap bietjie in die huis rond, daar is altyd ietsie ouds en nuuts om te inkorporeer in jou dekor - dit maak die tafel net soveel interessanter - kyk gerus! {Wenk: Onthou jou dekor moet jou kos komplimenteer - ons het oud en nuut op ons spyskaart verteenwoordig}



 

No comments:

Post a Comment