5 January 2013

{Snoek}Braai

KoekiesEnCream {vakansie}kos wenke! Daar is min Klein {Brakrivier} genotjies in die lewe soos om snoek te braai, laat middag, net voor die son sak, met ‘n tikkie son op die lyf en ‘n truitjie vir die koeligheid om die vuur!
Miskien is daar een lekkerder ding…die sousie wat oor die snoek gesmeer word! Vir ons familie is dit natuurlik sonder twyfel ‘n sousie met Appelkoos konfyt as hoofbestandeel.


{3 Wenke} vir vakansie snoekbraai:
1. Snoekbraai vir familie of vriende kan jou dalk in die verleentheid stel indien jy dalk die ongelukkige trekker van ‘n melerige snoek was. Dus, koop twee selfs drie snoeke – by verskillende winkels en braai almal gelyk, sodat wanneer jy die snoeke bedien, jy {hopelik} verseker kan wees dat jy een van die snoeke wel opdienbaar is.
2. {Sous} Tradisioneel – in ons huis – braai ons snoek met ‘n sousie wat bestaan uit Appelkoos konfyt, botter/margarien, suurlemoensap, sout en peper.  Indien jy nie botter of margarien wil gebruik nie, is Mayonnaise ‘n heerlike alternatief.
3. {Vir die manne} Snoekbraai kan die braairooster taai en met ‘n snoekreuk laat. Dus, voer ons die onderste deel van die rooster – die bak-vormige gedeelte met foelie uit, maar net die een kant. Hierdie manier van snoekbraai verseker ook dat die snoek se vel effe vasbrand aan die foelie en die vleis gedeelte met gemak van die rooster af geskep en bedien kan word.
…wat is dan nou lekkerder as ‘n toebroodjie as peuselhappie die volgende middag – terwyl die huis stil is en almal ‘n uiltjie knip!

No comments:

Post a Comment