In enige bedryf is dit 'n uitdaging om altyd voor te bly met die nuutste neigings of mode gier! Vandag se nuutste soettand-gier, waaroor veral die Europese blogs gons, is die sogenoemde Gourmet Marshmallows! Jy kan enige geur, kleur of vorm kies om te maak. Al wat jy hoef te doen is om 'n basiese marshmallow resep te neem en Gourmet Guru te speel in jou eie kombuis. {Vind resep aan die einde van die artikel.}
KoekiesEnCream is bevoorreg om hierdie resep en soettand-tendens te deel en daaroor te klets OP DIE LUG op RSG met My Easy Cooking kuberkok Nina Timm.