18 September 2012

Winterswit weelde*

Net so lief soos wat ek vir kleur is, is ek lief vir eenvoud, skoon lyne en eenvoudige patrone. Soms het mens ook net 'n paar minute om iets in die kombuis op te tower en dan is eenvoud die beste en vinnigste opsie! Nou dat daar nog net 'n paar slapies oor is van die 'winter-weer' wou ek seker maak ek vang hierdie jaar se winter vas deur bietjie rond te speel met wit fondant en patrone.

Vir die heerlike resep: Amandel Kolwyntjies - Klik hier.
Die versiering is wit fondant.


HooHoo mooi! - Zhoo Koekies

Uiltjie kolwyntjies! My vriendin CelestĂ© Prince, 'n top fotograaf in die Wes-Kaap, Aglow Photography, is absoluut versot op hierdie diere. KoekiesEnCream wou natuurlik die projekkie aanvat en ek het my inspirasie vir hierdie kolwyntjies gekry vanaf 'n paar oulike uiltjie-koffiebekers. Jy kan enige kolwyntjie resep van jou keuse gebruik, want die eintlike geheim en 'detail' lĂȘ in die fondant-tegniek. Jy kan ook hierdie uiltjies bo-op uitgedrukte koekies as versiering sit - jou eie Zhoo-koekies Te chuuhuuute!*

Vir 'n maklike: Klein Koekie resep: Klik hier
Kolwyntjie resep: Klik hier


17 September 2012

Baba Tee Kolwyntjie Idees!

'n Baba Tee kan soms moeilik wees om te versier volgende tema en kleur, veral as jy nie die geslag van die baba weet nie. Vir Jacqueline se Baba tee (vir Baba-boetie Mikhail) het KoekiesEnCream dit goed gedink om rond te speel met drie pastel seuntjie-kleure en wit: Blou, Mint-groen en Geel. Vir die resep kyk gerus na Amandel Kolwyntjies.



16 September 2012

Brood bak is kinderspeletjies!

Tyd om terug te keer na die outyd waar ons heerlike tuisgebakte-brood-geur in die lug gehang het soos wat die voordeur oopgaan! Want daar is niks so lekker soos die reuk van varsgebakte brood nie! Maar soos met alle gebak op KoekiesEnCream hou ek daarvan om dit 'n bietjie interessant en MOOI te maak!

In plaas daarvan om 'n reghoekige broodjie te bak het ek ronde Le Creuset ramekins gebruik om die broodjies is te bak en vir die kinders...of vir 'n tee-partytjie...oulike broodvormpies bo-op die broodjies!


14 September 2012

Vormpie Kolwyntjies*

Tradisioneel is 'n kolwyntjie rond, maar wat is nou lekkerder as om te eksperimenteer met vorms! Met al die koekie-drukker vormpies wat beskikbaar is en silikoon vorm-pannetjies, kan mens tog te lekker speel met vorms EN verskillende gekleurde kolwyntjies!



13 September 2012

Couture Cupcakes

KoekiesEnCream in die September uitgawe van Idees / Ideas Tydskrif met ons nuwe reeks:
Couture Cupcakes