Flatervrye fudge is nie altyd so flatervry nie. Resepte los gewoonlik die klein oepsies uit van wat dalk kan gebeur wanneer jy fudge maak. 'n Paar wenke wat ek kan gee wanneer jy fudge maak is: {For English recipe click here}
1. Sorg dat AL die bestanddele goed opgelos is. Milo inkluis.
2. Moenie jou plaat te hoog stel nie, anders brand die fudge vinnig vas.
3. Haal die kastrol van die plaat af wanneer jy die geklitste eier by die mengsel voeg.
4. Indien dit sou gebeur dat jou fudge nie wil set nie, geen probleem! Krap die mengsel uit in die kastrol en laat dit op 'n lae hitte weer smelt. Kook dit vir 'n verdere 5 tot 10 minute en gooi die mengsel weer uit om van voor af te set.
5. Die geheim van 'n suksesvolle fudge resep is: Roer! Moet nooit die kastrol verlaat nie, hou aan roer! Of kry iemand om vir jou in te staan ;)