3 October 2011

Pienk Kersie Sjokolade Koek



Pienk Kersie Sjokolade Koek

Met al die neigings na 'Rooi Fluweel' koeke en kolwyntjies het ek besluit om 'n "kyk-wat-het-ek-in-die-kas" koek te bak! En hierdie is toe presies die tipe tuisgebakte koek waarmee ek vorendag kon kom. Nie te veel moeite nie, en glad nie te moeilik nie! Alles is op die winkelrakke beskikbaar en met so knype kreatiwiteit by, kan hierdie resep enige vorm of kleur aanneem. 'n Gebak se kleur is nét so belangrik soos sy geur, so maak mooi, of soos in die geval, maak rooi!

6 September 2011

Rooi Fluweel Sjokolade Koek




Rooi Fluweel Sjokolade Koek

Die eerste keer toe ek 'n 'Red Velvet Cake' geëet het ek nie geweet wat om te verwag van hierdie bloedrooi kleurige koek nie!

Maar, ek was aangenaam verras! 'n Heerlike, sagte tekstuur, ryk in geure (en kleur) en met 'n roomkaas en 'marshmallow fluff' versiering!

Verseker 'n vet soen van soet!

29 July 2011

Veerlig Vla-skywe



Veerlig Vla-skywe*

Vandag se resep is heerlike vla-skywe met karamel! Hierdie resep bevat veerlig blaardeeg (puff pastry) wat perfek is vir beide soet- en southappies.

Die blaardeeg breek bietjie die soet van die tuisgemaakte vla en die gekookte kondensmelk (karamel).

Spog 'n bietjie met jou bak-vernuf by die volgende koek-en-tee!


19 July 2011

Klein Karamel Kolwyntjies



Klein Karamel Kolwyntjies

Klein, kleurvol en kitsvinnig! Hierdie kolwyntjie resep is ideaal vir 'n kits tee-en-koek partytjie! Veral omdat dié resep nét 'n halfuur van jou tyd steel!

Die opsies van versiering is eindeloos, maar vir hiérdie 'kitsvinnig' kolwyntjie resep het ek veral gaan kyk na bestandele wat algemeen in ons koskaste voorkom!

Phyllo Perske Presentjie



 

*Phyllo Perske Presentjie*
Een bestandeel wat nooit verlore sal gaan in jou yskas nie, is Phyllodeeg! Nie net 'n wonderlike bestandeel om mee te werk nie, maar ook ewe maklik!
Hierdie resep bestaan uit net vier bestandele! Dit is perfek vir 'n soethappie, tee-tyd-tertjie of self as 'n medium grootte poeding. Jy kan natuurlik die bestandele vermeerder of verander na jou eie smaak of vookeur van vrugte. Ek het hierdie kombinasie gebruik omdat dit die geheime bestandeel komplimenteer: Nutella!*


11 July 2011

CrèmeKaneelKrulle*



 





Oeee, ek wou nog altyd weet hoe word die heerlike Cinnabuns gebak wat in meeste winkelsentrums verkoop word. Soos enige bakkery is hul resepte dalk nie die geheim nie, maar die metode. So het ek aan die werk gespring om my eie 'cinnabun resep', soos dit bekend staan, uit te werk. Mag ek bylas dat dit vanaf probeerslag een baie mooi uitgekom het! So ek hoop werklik dat hierdie resep vir jou nét so lekker en maklik sal wees soos vir my! Die naam val net so lekker op die tong: CrèmeKaneelKrulle*